Toe ek jonk was, het ons altyd die National Geographic in die pos gekry. Ek het vir ure na die kaarte en pragtige glansfoto’s gestaar....
Tuis: Blog2
Welkom, welkom! Ek het in 2003 (saam met my liefde vir kamp, reis en kos) na die VSA geimmigreer. So deur die jare het ek van agter in my minivan slaap, na ‘n tent, na ‘n klein “hybrid” karavaan, tot ‘n volwaardige travel trailer gegradueer. Saam met my gesin het ons al menige reise onderneem. Een van my grootste plesiere is om ons roete, die plekke wat ons gaan sien, en ons spyskaarte te beplan. Net soos Suid-Afrika met sy smeltkroes van kulture, het Amerika ook sy verskillende gedeeltes - elk met sy eie sub-kultuur. Kom deel ons ondervindinge in hierdie pragtige en diverse land, en probeer van die resepte. Hopelik inspireer dit ‘n reis van julle eie!