Toe ek jonk was, het ons altyd die National Geographic in die pos gekry. Ek het vir ure na die kaarte en pragtige glansfoto’s gestaar. Drie plekke wat ek my voorgeneem het om te sien as ek ooit eendag Amerika toe kom, was Mount Rushmore, die Niagara Watervalle, en Yellowstone. Die idee dat daar ‘n berg was met presidente se gesigte daarin gekerf, het my gefasineer! Ek wou self sien of die smaraggroen van die Niagara Watervalle waarheid was, en of die fotograaf met die kleur gespeel het. Hoe hoog was hierdie watervalle wat ‘n 63-jarige tannie met ‘n vaatjie oorgegaan en oorleef het?! Ek wou die eerste Nasionale Park wat geskep is gaan besoek, en staan op die ondergrondse supervulkaan wat verantwoordelik is vir talle geisers en kalk formasies – dinge wat ek nog net in foto’s voor gestaar het.
Ek was omtrent 3 maande in Amerika toe kry ek die geleentheid om ‘n lang padreis te onderneem – al die pad van Orange County, Kalifornië na Buffalo, New York. Binne twee weke het ek al drie hierdie toeriste aantrekkings aanskou! Wat ‘n ervaring! 14 dae op die pad, een aand per plek behalwe vir Yellowstone waar ek twee aande was.
Die eerste ding wat ‘n mens gooi vir ‘n “loop” is die afstande – plekke lyk so naby op die kaart en 400 myl klink nie so ver nie – jy skat nog tyd en afstand in kilometer. Maar genade, jy ry en jy ry en jy ry!!! Die lekker daarvan is al die klein dorpies met interressanthede waar mens kan afdraai, soos Wall Drug en Bear Country, USA. En natuurlik al die kos wat ‘n mens kan probeer! Op daardie reis het ek biscuits met gravy en ‘n loop-eier vir ontbyt ontdek. Dit is veral heerlik wanneer mens so koud gekry het deur die nag en dan ‘n ontbyt wat jou opwarm so tot in jou tone! Hmmmm, lekker!!
Dit was so ‘n opwindende reis dat ek iets soortgelyk later jare weer met my familie onderneem het. Die avontuur het weereens nie teleurgestel nie. Probeer gerus die Biscuits en Gravy, onder RESEPTE, en laat my weet wat julle daarvan dink! Klik op die links in die skrywe vir meer informasie oor elke plek.
Cheersie en Happy Camping!
Adele
Ek het amper 20 jaar terug VSA toe gegaan en getoer vir 3 maande. Meestal op die weskus. Ons het van Seattle al die pad suid na San Diego gereis, en berge geklim en amper al die nationale parkke gesien: Yellow Stone, Zion, Arches, Yosemite, Joshua Tree (to name a few). Dit was 'n onvergetelikke belewenis. Geniet die pad, wees versigtig vir die verkeer en doen dit weer en weer - daar is so baie om te sien.
NS Ek is seker daar is etlikke spel foute hier - ek vra maar om verskoning as ek die Afrikaanse taal verkrag het. Dit is a.g.v. die roes in my brein. Tale, veral my tweede taal, was nooint my sterk punt op…
Dankie gilliamels! Dit was voorwaar 'n ongelooflike ondervinding. Ek sou wat wou gee om dit vir 3 maande te doen!! Wanneer ons aftree is ek seker sal ons weer gaan. Ons was veral te vinnig deur Deadwood, SD. Ek wil sommer 'n hele week daar bly! Cheersie!
Dis awesome, wanneer ek en Yolandie aftree gaan ons so trip doen vir 3 maande!