top of page

Breakfast Tacos

Ek het die eerste keer van breakfast tacos geleer in Texas. Dit is so ‘n bietjie van ‘n Tex-Mex (Texas Mexican) ding. Die basis van ‘n goeie ontbyt taco is roereier, ‘n vleis (worsies/spek/steak), salsa, suurroom en gerasperde kaas. Dit is lekker om avokado ook by te sit. Hierdie is nie ‘n resep wat presiesheid benodig nie. Elkeen kan na smaak skat hoeveel salsa, kaas en suurroom hulle verkies op hulle taco. As mens die bo en onder kante toevou dan is hulle sommer draagbaar ook! Maklik vir kinders om te hanteer en my kinders geniet dit om hulle eie toppings op te sit.


Breakfast Tacos vir 4


6 Eiers

4 repies Spek

4 tafellepels  (¼ koppie) gunsteling Salsa (soos Old El Paso)

8 teelepels Suurroom

4 Tortillas (sagte wit meel soos Old El Paso soft flour)


  1. Braai die spek tot gaar. Haal uit die pan en hou eenkant.

  2. Breek die eiers almal saam in ‘n pan en roer om roereiers te maak. Braai tot gaar. Verwyder die eiers uit die pan en vee die pan skoon.

  3. Verhit die pan op lae hitte en plaas ‘n tortilla in die pan. Verhit tot warm, draai om en verhit die ander kant. Verwyder uit die pan en sit een kant. Herhaal met die res van die tortillas.

  4. Om voor te sit - plaas elk van die tortillas op ‘n bord. Verdeel die roereier tussen die 4 borde en plaas in die lengte op die tortilla. Plaas een repie spek per bord bo-op die eier. Laat elkeen hulle self help met salsa, suurroom en gerasperde kaas, na smaak. Rol die taco op soos ‘n pannekoek, of vou toe soos ‘n wrap, en geniet!

Breakfast taco pic.jpg
Breakfast Tacos: Text
bottom of page