top of page
biscuit%20and%20egg_edited.jpg

Biscuits en Gravy

Biscuits en Gravy: Image

‘n Suksevolle Biscuit en Gravy onbyt bestaan uit drie dele – ‘n lekker skon basis liberaal gesmoor met sous, en ‘n gebakte eier wat lekker oor alles uitloop sodra mens dit sny.

Die Amerikaanse biscuit herinner my aan ons Suid-Afrikaanse skons. Gebruik jou gunsteling skon resep (maak net seker dis nie ‘n baie soet resep nie); ‘n kits scone pakkie; of hierdie vinnige een wat ‘n paar jaar terug die rondtes op die internet begin maak het.

The Pioneer Woman het my “geleer” om die sausage gravy te maak. Sy is ‘n baie populêre tuiskok hier in Amerika wie se resepte fokus op die kookkuns van die suide – down-home-southern-comfort kos. Ek het my resep op hare gebaseer. Snuffel gerus deur haar resepte vir nog heerlike idees.

Die Amerikaanse breakfast sausage is ‘n baie dun, geurige varkworsie sonder ‘n omhulsel. Dit is gewoonlik gegeur met sout, peper, salie, tiemie, roosmaryn en neutmuskaat. Daar is ook ‘n “spicy” variant wat rooi peper flokkies by kry. Ek verkies die een sonder die rooi peper. Ek het orals gesoek en gevra oor ‘n plaasvervanger in Suid-Afrika, maar kon nie een vind nie. Ek dink ‘n geurige boerewors sal lekker werk. Onthou om die vleis uit die omhulsel/derms te druk.

Dit klink na baie werk maar kom eintlik vinnig bymekaar. Begin deur die skons te maak. Terwyl die skons bak, maak die “gravy”, en bak dan die eiers.

Scones

3 k (750 ml ) Bruismeel

1 k (250 ml) Room

1 k (250 ml) Sprite


Voorverhit ‘n oond tot 220˚C. Meng al die bestandele saam totdat ‘n sagte deeg vorm. Plaas deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk dit liggies plat met die hande tot ‘n dikte van ongeveer 3 cm. Maak sirkels van ongeveer 7 cm in deursnee met ‘n koekiedrukker. Plaas op ‘n voorbereide bakplaat. Dit is belangrik om die skons teen mekaar te sit want hulle klim teen mekaar op en rys sodoende hoër. Bak vir 12-15 minute tot ligbruin bo-op.

Maak 6-8 skons.


Wors Gravy 

​2 e (30 ml) Botter

250 g Amerikaanse Breakfast Sausage/Geurige Wors (geen omhulsel)

3 e (45 ml) Koekmeelbom

2 k (500 ml) Melk

¼ t Sout

1 t (5 ml) Swart Peper


Smelt die botter in ‘n pan oor medium-hoë hitte. Plaas die wors in die pan en breek dit op met ‘n lepel. Braai tot bruin. Draai die hitte laer tot medium-laag. Sprinkel die meel bo-oor die vleis en roer vir 2 minute. Roer aanhoudend terwyl jy die melk gelydelik byvoeg.  Kook tot die sous dik word (ongeveer 10 minute). Sprinkel die sout en swart peper oor en roer. As die sous te dik word kan nog bietjie melk bygevoeg word. Proe en voeg nog sout en peper aan indien nodig/na smaak.

         


Bedien een skon per persoon. Sny ‘n skon in die helfte deur en plaas op ‘n bord. Skep die gravy liberaal oor die skon. Plaas ‘n sag-gebakte eier (somtyds posjeer ek die eiers) bo-op.



Yum-licious! :-D

Biscuits en Gravy: Text
bottom of page