top of page

Granny se Lemoen Fluff

In die 60’s was jellie slaaie en bygeregte hoog in die mode. Populariteit het egter vinnig afgeneem en is meestal nou vergete. Hierdie skoonfamilie resep is egter vir my so lekker, dat ek dit nou tradisie gemaak het met my eie gesin. Somtyds eet ek sommer ‘n skeppie daarvan vir nagereg ook! Toe ek dit die eerste keer geproe het, het ek gedink die lang stukkies daarin was wortel, en was baie verbaas om uit te vind dat dit kaas was. Mens proe nie regtig die kaas as sulks nie, dis meer ‘n tekstuur-ding. Miskien het julle ma’s of ouma’s ook so iets gemaak, so ek hoop dit bring goeie herinneringe.  Lekker eet!

​

1 klein pakkie (80g) Lemoen Jellie

200 ml kookwater

1 koppie (250ml) fyn gerasperde Cheddar Kaas

½ blikkie (220g) fyn Pynappel in ligte stroop

125 ml Room


Gooi die lemoen jellie in ‘n middelslag bak. Voeg die kookwater by die jellie en roer tot opgelos. Laat afkoel maar nie stol.

Voeg pynappel by jellie en roer. Verkoel in yskas tot gedeeltelik gestol.

Sprinkel kaas oor en roer in met ‘n vurk. Verkoel vir ‘n verdere 20 minute.

Klits room styf en vou in lemoen mengsel in. Plaas oornag in yskas.

Granny se Lemoen Fluff: About
bottom of page